Op Vrydag 15 Mei 2015 is Gansbaai Academia deur die Two Oceans Aquarium besoek om loopbaan moontlikhede ten toon te stel. (Gansbaai Academia bied dalk Maritieme Wetenskap (Marine Sciences ) aan). Die span het opgedaag met ‘n “mobiele aquarium”. Die kurrikulumhoof van die distrik, Jenny Bridgeman, het ook die dag bygewoon.
Leerders is aan see-organismes blootgestel en het gekyk en gevoel aan die seediertjies. Die inligtingsessie is deur Thabo Sebeko aangebied. Die hoof van Onderwys in Maritieme Wetenskappe (Marine Sciences) by die Two Oceans Aquarium, Russell Stevens het persoonlik uitgekom om die dag by te woon. Saam met hom was ook Anzio Abels
. ‘n Maritime Wetenskap klub gaan gestig word ( en die belangstelling onder die graad 9’s is enorm) waar ‘n gekose groep leerders een maal ‘n week deur die akwarium se personeel onderrig gaan word in onder andere seelewe en organismes. Tans is daar gesprekvoering en ‘n sterk moontlikheid dat in 2016 of 2017 met Maritime Studies of een van die volgende vakke Oseanografie, Maritime Ekonomie en Nautical Wetenskappe by die skool begin gaan word. Die prinsipaal, mnr Tommy Wilson, was reeds twee weke gelede genooi na samesprekings met Russel Stevens en tersiêre inrigtings soos Universiteite van Kaapstad, Stellenbosch, UWK en KPUT vir ‘n voorneme om ‘n kurrikulum saam te stel. Gansbaai Academia mag dalk die hele Whale Coast area met hierdie vakke bedien. Nie net word dit gesien as ‘n makliker pad na die vloot nie, maar kan Academia leerders universiteite toe stuur om in hierdie vakke te spesialiseer.